Olimpiese Winterspele 2030

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
XXVIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2030

Gehou in Franse Alpe en Nice, Frankryk
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items
Openingseremonie 8 Februarie 2030
Sluitingseremonie 24 Februarie 2030
Amptelik geopen deur President van Frankryk (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2026: Milaan/Cortina d'Ampezzo (Italië)
Volgende Spele 2034: Salt Lake City (VSA)

Die Olimpiese Winterspele 2030 (Frans: Jeux olympiques d'hiver de 2030), amptelik bekend as die XXVIste Olimpiese Winterspele, sal tussen 8 en 24 Februarie 2030 in die Franse Alpe en Nice, Frankryk, aangebied word.[1]

Dit sal ná die Olimpiese Winterspele van 1924 in Chamonix-Mont-Blanc, die Olimpiese Winterspele van 1968 in Grenoble en die Olimpiese Winterspele van 1992 in Albertville die vierde wees wat in Frankryk gehou word. In die Franse hoofstad Parys is ook die Olimpiese Somerspele van 1900, Olimpiese Somerspele van 1924 en Olimpiese Somerspele van 2024 beslis.

Die sluitingseremonie sal in die Allianz Riviera van Nice gehou word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Winterspele 2030 sal tussen 8 en 19 Maart in die Franse Alpe en Nice gehou word.

  1. (en) "IOC elects French Alps 2030 as Olympic and Paralympic Winter Games host". Internasionale Olimpiese Komitee. 24 Julie 2024. Besoek op 26 Julie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search